Jubeljaar
Hierdie Jubeljaar is ‘n tyd van groot vreugde en dankbaarheid teenoor God vir Sy genade en sorg vir ons. Dit is ‘n geleentheid vir ons om ons verhouding met God te vernuwe en om mekaar se geselskap te geniet. Die jubeljaar is ‘n beeld van God se genade, geregtigheid, en sorg vir sy mense. Dit wys op die belangrikheid van regverdigheid, herstel, en gemeenskap in God se koninkryk. Die beginsel van die Jubeljaar het ook ‘n dieper geestelike betekenis wat verwys na die bevryding en herstel wat deur Christus gebring word vir almal wat in Hom glo.


Beste Geloofsfamilie,
Ons wil graag almal inlig dat die items wat hier aangebied word, ter viering van die Jubeljaar van die NG Kerk Vaalpark is. Ons kerk vier hierdie jaar ‘n groot mylpaal, naamlik ons 50ste jaar van bestaan. Kom vier saam met ons die geskiedkundige oomblikke en die wonderlike gemeenskap wat ons in hierdie afgelope dekades gebou het. Kom deel in die vreugde en dankbaarheid vir ons geliefde kerk se nalatenskap.
Met dankbaarheid en verwagting
Die NG Kerk Vaalpark Jubeljaar kommitee

Belangrike Inligting
Online shop
All items on the shop is made on order.
