Jubeljaar

Hierdie Jubeljaar is ‘n tyd van groot vreugde en dankbaarheid teenoor God vir Sy genade en sorg vir ons. Dit is ‘n geleentheid vir ons om ons verhouding met God te vernuwe en om mekaar se geselskap te geniet. Die jubeljaar is ‘n beeld van God se genade, geregtigheid, en sorg vir sy mense. Dit wys op die belangrikheid van regverdigheid, herstel, en gemeenskap in God se koninkryk. Die beginsel van die Jubeljaar het ook ‘n dieper geestelike betekenis wat verwys na die bevryding en herstel wat deur Christus gebring word vir almal wat in Hom glo.

Beste Geloofsfamilie,

Ons wil graag almal inlig dat die items wat hier aangebied word, ter viering van die Jubeljaar van die NG Kerk Vaalpark is. Ons kerk vier hierdie jaar ‘n groot mylpaal, naamlik ons 50ste jaar van bestaan. Kom vier saam met ons die geskiedkundige oomblikke en die wonderlike gemeenskap wat ons in hierdie afgelope dekades gebou het. Kom deel in die vreugde en dankbaarheid vir ons geliefde kerk se nalatenskap.

Met dankbaarheid en verwagting

Die NG Kerk Vaalpark Jubeljaar kommitee

Belangrike Inligting

  • Die opbrengste van hierdie projek sal volledig aangewend word vir die vernuwing van die kerk se heining.
  • Betalings word uitgevoer deur middel van Elektroniese Fondsoorplasings (EFT).
  • Indien betalings nie binne ‘n tydperk van 7 dae ontvang word nie, sal die bestelling outomaties gekanselleer word.
  • U ontvang ‘n kennisgewing sodra u betaling ontvang is.
  • Bestellings word geplaas by verskaffers sodra die minimum bestelvlakke bereik word om koste-effektiwiteit te verseker.
  • Indien ‘n spesifieke item of kleur nie beskikbaar is nie, sal u in kennis gestel word om ‘n alternatief te oorweeg.
  • U sal ingelig word sodra die bestelling gereed is vir afhaal na die oggenddienste op Sondae.
  • Die verwysingsnommer moet vertoon word by die afhaal van die bestelling.
  • Elke item sal ‘n variasie van die oorspronklike Jubeljaar logo op hĂȘ.

EHJ Fourie

ABSA Tjek Rekening: 520 331 336

Tak kode: 632005

Belangrik: Neem asb kennis dat ons slegs na-ure oproepe kan ontvang

Koos Fourie: 082 808 1965

Antjie Serfontein: 083 650 5078

Online shop

All items on the shop is made on order.